WILLISTON: Waterryke ekstensiewe kleinveeplaas

R 13,000,000

Can I afford this?
2 years ago1861 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Report Ad
General Details
For Sale By:Agency
Description
Hierdie 6,920 hektaar tipiese Karoo ekstensiewe kleinveeplaas is gelee in die Williston distrik van die Noord-Kaap. Die plaas is by uitstek geskik vir hoe kwaliteit wolproduksie en spog met `n uitstekende 70% skoonopbrengspersentasie.

Die topografie bestaan uit doloriet rantjies, vlaktes, onderstoot leegtes waarin grasse soos Langbeen- en Kortbeenboesmangras floreer. Die rantagtige gedeeltes is tipiese gemengde Karoo bossieveld. Ten spyte van die droogte is die veld steeds in 'n goeie toestand. Die drakrag is 1:38 GVE of 1,192 kleinvee-eenhede. Daar kan met gemak met 1,200 merino-hamels geboer word. Die gemiddelde jaarlike reenval is 125 mm waarvan 80% gedurende die somer en 20% gedurende die winter voorkom. Die groot leegtes se afloopwater voed ook `n groot gronddam na goeie reen. Die veld is goed opgepas.

Drinkwater vir vee en wild word aan die 20 weikampe en 5 kleiner kampies se veesuipings voorsien deur 13 windpompe, `n sonpomp en standhoudende fontein. Daar is 11 sementdamme waarin water opgegaar word om die veesuipings deurlopend van drinkwater te voorsien. Die binnekampheinings se hoogtes wissel van 1-meter (6 gladde drade) en 1.1-meter (7 gladde drade) en is in uitstekende toestand. Die totale plaas se buitegrens is met 1.4-meter hoe jakkalsproefogiesdraad toegekamp. Dit help met die bekamping van ongediertes. Stresvrye hantering van vee word verseker deur goed verspreide veehanteringskrale in elke kamp. Die veekrale by die skeerhok is sinvol beplan en ingerig sodat dit die skeerproses vergemaklik en arbeidbesparend is.

Die ruim 200-vk meter woonhuis bestaan uit sit- en eetkamer, 4 slaapkamers, 2 badkamers, gaste toilet, kombuis, spens, opwaskamer, TV-kamer en kantoor. Daar is ook `n ou plaashuis in redelike toestand. Met die nodige restourasie kan dit omskep word in gesellige gastehuis. Daar is ook 2 ruim arbeidershuise.

Die buitegeboue bestaan uit 'n stoor en gereedskapkamer. Die 220-vk meter skuur en skeerhok het `n aanliggende 80-vk meter afdak. Daar is ook 88-vk meter volstruishokke. Alle geboue is stewig en toegerus met 50kVA Eskom krag.

Drie sterk toegeruste boorgate (Eskom 25kVA) voorsien besproeiingswater aan 6-hektaar lusern vir eie gebruik. Die grond en klimaat is ook geskik vir die produksie van hoe kwaliteit groentesaad. Die water staan slegs 8-meter van bo-af in die boorgate.

Daar is geen amptelike grondpaaie en geen grondeise op die eiendom nie.

Verskeie roerende bates is ook beskikbaar, maar is nie ingesluit by die koopprys nie.

Hierdie uitstekende plaas wat geskik is vir wolskaapboerdery is te koop vir R13 miljoen (BTW uitgesluit). Die verkoper is `n geregistreerde BTW ondernemer.

Property Reference #: RL5254

Agent Details:
Andreas du Toit
Agrisell PTY Ltd
9A Kerk Street
Piketberg
7320

Id Subtitle 971642757
View More
Property Loan Calculator
Purchase price
R
Deposit amount
R
Interest rate
%
No. of years
5
10
15
20
25
30
RECALCULATE
Estimated monthly repaymentR 140,882
Total property loan amountR 13,000,000
Total interestR 20,811,661
Total repaymentR 33,811,661
Interest rate at 11.75% for 20 years *
* The interest rate is by default set to the prime lending rate. Banking institutions may choose to lend to individuals at a rate above or below this prime rate.
RECALCULATE
Agrisell PTY Ltd
Selling for 6+ years
Total Ads565
Active Ads565
Professional Seller
Seller stats
565Total Ads
3.66MTotal Views
Contact Agrisell PTY Ltd
082*******Show Number
Message
(4000)
Name
(Optional)
Email Address
(Optional)
Phone
(Required)
Send Message
By clicking "Send" you accept the Terms of Use and Privacy Notice and agree to receive newsletters and promo offers from us.