Magaliesberg Gesinskerk NG Leeraarsposisie

25 days ago280 views
Ad Saved to My List
View and manage your saved ads in your account.
Report Ad
General Details
Advertised By:Private
Company Name:Magaliesberg Gesinskerk (NG Marikana)
Job Type:Contract
Employment Equity:Non EE/AA
Description

NGK Marikana (Magaliesberg gesnskerk: Voltydse leraar (Drie jaar vastetermynpos)


Gemeenteprofiel: Magaliesberg gesinskerk is geleë om Mooinooi in Noordwes. Een derde van die 122 besoekpunte is in Mooinooi terwyl die res op plase en kleinhoewes om Moonooi en Buffelspoort is. Daar is ‘n goeie Laerskool (laerskool Elandskraal) in die dorp, en busvervoer is beskikbaar vir kinders na Hoërskole in Rustenburg en Brits. Die gemeente se plek van aanbidding en kantore is geleë in die ATKV Oord Buffelspoort.


Daar is 218 belydende en 56 dooplidmate in die gemeente.


Waarna streef die gemeente: Gedurende die afgelope jare het die omstandighede van al die kerke in ons omgewing baie verander. Die ekonomiese situasie in Suid Afrika, ook in ons gemeenskap, is van so aard dat dit vir talle gemeentes ‘n groot uitdaging is om te kan oorleef. Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat ons gemeente nie meer alles vir almal kan doen en wees nie, maar die volgende word nagetreef:

➢ Senior lidmate in die gemeente se behoeftes moet aangespreek word.

➢ ‘n Behoorlike en sinvolle kategetiese onderrig moet gelewer word.

➢ Eredienste moet aangebied word dat gemeentelede en ander mense dit graag wil bywoon en nut daarby vind.

➢ Die kinderweek, waar ons gemeente die afgelope klomp jare ‘n leidende rol gespeel en goeie werk gedoen het, moet uitgebou word.

➢ Die diens en ondersteuning dmv die voedingskema en welsynwerker by laerskool Elandskraal moet uitgebou word.


Kandidaat Hierdie leraarspos word vir gelegitimeerdes van die NG Kerk aangebied wat kans sien om saam met die kerkraad die geestelike en finansiële doelwitte van die gemeente te help bereik.


Benewens Artikel 9 van die Kerkorde, is dit van besondere belang dat die suksesvolle kandidaat dit wat die gemeete nastreef, binne die volgende kerkraadstruktuur sal uitleef:

1. Eredienste en aanbidding

2. Geestelike bediening vir senior lidmate

3. Barmhartigheidsbediening vir senior lidmate

4. Kategese

5. Welsyndienste by Elandskraal

6. Voedingskema by Elandskraal

7. Kinderweek

8. Geestelike jeugbediening

9. Fondsinsameling • Kollekte, maandelikse en 10de maand bydrae • Sitrusfees • Magalies monster • Gholfdag • Ander projekte

10. Finansiële beheer


Vergoeding: Die vergoedingspakket word aangebied volgens sinodale riglyne tot ‘n maksimum van skaal 8 en gebruiklike voordele. Die gemeente beskik nie oor ‘n pastorie nie, maar ‘n behuisingstoelaag word wel aangebied.


Aansoeke

• Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV met minstens 3 verwysings.

• Sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Junie 2024.

• Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt.

• Stuur aansoek aan: Die Voorsitter van die kerkraad, hvg@mweb.co.za. •


Navrae kan gerig word aan die voorsitter van die kerkraad, Hendrik van Gass, selfoon nommer 082 553 0343.


Die kerkraad behou homself die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te doen nie.


Diensaanvaarding: So spoedig as moontlik (of soos onderhandel

Id Subtitle 1277595663
View More
Lindie van Gass
Selling for 6+ months
Total Ads1
Active Ads1
Seller stats
1Total Ads
288Total Views
Verified information
Mobile number
Email address
Contact Lindie van Gass
Message
(4004)
Phone
(Optional)
Include my number in my message.
Upload CV(Optional)
DOC or PDF only max 2 MB file size
Send Message
By clicking "Send" you accept the Terms of Use and Privacy Notice and agree to receive newsletters and promo offers from us.